HANDELINGE 22:22 – Vergelyk alle weergawes
HANDELINGE 22:22 AFR83 (Afrikaans 1983)
Meer as dit wou die skare nie hoor nie, en hulle het begin skreeu: “Weg met hom! So 'n man behoort nie te bly lewe nie!”
HANDELINGE 22:22 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Tot by hierdie woord het hulle na hom geluister; toe verhef hulle hul stem en sê: Weg van die aarde met so 'n mens, want hy behoort nie te lewe nie!
HANDELINGE 22:22 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Die skare het na hom geluister tot op hierdie punt, en toe het hulle uit een mond begin skreeu: “Weg van die aarde af met so ’n vent! Só iemand behoort verseker nie te bly lewe nie!”
HANDELINGE 22:22 DB (Die Boodskap)
Tot hiertoe het die skare geduldig na Paulus geluister. Toe hulle egter hoor hoe hy sê dat die Here hom uit Jerusalem weggestuur het, het hulle hulle bloedig vererg. “Weg met hom. Hy verdien nie om te leef nie!” het hulle begin skree. Sommige van hulle het sommer hulle klere begin uittrek omdat hulle hom onder die klippe wou steek.
HANDELINGE 22:22 ABA (Bybel vir almal)
Die Jode het tot hier geluister na wat Paulus sê. Toe het hulle hard begin skree en hulle het gesê: “Julle moet hom wegvat en doodmaak! Iemand soos hy mag nie lewe nie!”
HANDELINGE 22:22 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Tot op hierdie punt het hulle na sy woorde geluister, maar toe hulle stemme verhef en uitgeroep: “Vat 'n man soos hierdie weg van die aarde af, want hy behoort nie te bly leef nie!”
HANDELINGE 22:22 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle het hom gehoor gegee aan hierdie woord, en toe hul stem verhef en gesê: Weg met so 'n man van die aarde af, want dit is nie gepas dat hy sou lewe nie.