HANDELINGE 21:40
HANDELINGE 21:40 Bybel vir almal (ABA)
Die hoof-offisier het gesê Paulus mag met die mense praat. Toe het Paulus op die trappe gaan staan en hy het met sy hand vir die mense gewys hulle moet stilbly. Dit het baie stil geword en Paulus het in Hebreeus met hulle gepraat.
HANDELINGE 21:40 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe hy dit toegelaat het, gaan Paulus op die trappe staan en wink met die hand vir die volk. En nadat daar 'n groot stilte gekom het, het hy hulle in die Hebreeuse taal toegespreek en gesê
HANDELINGE 21:40 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die kommandant het ingewillig, en Paulus het op die trap gaan staan en met sy hand vir die mense gewys om stil te bly. Toe dit baie stil geword het, het hy hulle in Hebreeus toegespreek.