HANDELINGE 21:38
HANDELINGE 21:38 Bybel vir almal (ABA)
Ek weet nou jy is nie die Egiptenaar wat 'n tyd gelede 'n klomp mense opstandig gemaak het en toe 4 000 manne na die woestyn geneem het nie, die manne wat teen die Romeine wou veg.”
HANDELINGE 21:38 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Is jy dan nie die Egiptenaar wat 'n tyd gelede oproer gemaak het en die vierduisend rowers na die woestyn uitgelei het nie?
HANDELINGE 21:38 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dan is jy nie die Egiptenaar wat 'n rukkie gelede in opstand gekom en met vier duisend terroriste die woestyn in getrek het nie?”
HANDELINGE 21:38 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Is jy dan nie die Egiptenaar wat kort gelede 'n opstand gelei en vierduisend manne van die Sikariërs na die woestyn uitgelei het nie?”
HANDELINGE 21:38 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Is jy nie die Egiptenaar wat voor hierdie dae oproer gemaak en vierduisend man moordenaars in die woestyn uitgelei het nie?