HANDELINGE 21:26
HANDELINGE 21:26 Bybel vir almal (ABA)
Paulus het toe gesê die mans moet saam met hom gaan. Die volgende dag het hy homself laat reinig saam met hulle. Toe het hy ingegaan in die tempel. Hy het daar vir almal gesê hoe lank hy en die vier mans hulle sal laat reinig. Hy het ook gesê op watter dag dit verby sal wees en wanneer elkeen van hulle 'n offer sal bring.
HANDELINGE 21:26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe het Paulus die manne geneem en op die volgende dag hom saam met hulle geheilig en in die tempel gegaan om bekend te maak dat die dae van die heiliging sou voortduur totdat die offer vir elkeen van hulle gebring moes word.
HANDELINGE 21:26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die volgende dag het Paulus die manne geneem en die reinigingshandeling saam met hulle verrig. Hy het tempel toe gegaan en kennis gegee op watter dag die reiniging verby sou wees, wanneer die offer vir elkeen van hulle gebring sou word.
HANDELINGE 21:26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe het Paulus die manne saamgeneem, en die volgende dag saam met hulle die reiniging ondergaan. Daarna het hy die tempelterrein binnegegaan om die voltooiing van die dae van die reiniging aan te kondig, die dag wanneer die offer vir elkeen van hulle gebring sou word.
HANDELINGE 21:26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe het Paulus die manne geneem en hom die volgende dag saam met hulle gereinig in die tempel ingegaan om die voleinding van die reinigingsdae aan te dui, totdat 'n offer vir elkeen van hulle gebring sou word.
HANDELINGE 21:26 Die Boodskap (DB)
Die volgende dag het Paulus die vier mans saam met hom na die tempel toe gevat. Daar het hy hom saam met hulle aan die Here toegewy. Volgens Joodse voorskrif sou daardie tyd van reiniging sewe dae lank aanhou.
HANDELINGE 21:26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Paulus het toe die voorstel opgevolg en die volgende dag saam met die mans die reinigingshandeling verrig. Hy het tempel toe gegaan en kennis gegee van die datum waarop die reinigingstydperk verby sou wees, en die offer vir elkeen van hulle gebring sou word.