HANDELINGE 21:21
HANDELINGE 21:21 Bybel vir almal (ABA)
Party mense het vir hulle gesê dat jy vir al die Jode wat by die heidene woon, sê hulle moenie doen wat in Moses se wette geskryf is nie. Hulle sê dat jy sê daardie Jode moenie hulle kinders besny nie en hulle moenie soos Jode lewe nie.
HANDELINGE 21:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hulle is aangaande u vertel dat u al die Jode onder die heidene leer om van Moses afvallig te word deur te sê dat hulle die kinders nie moet besny nie en ook nie volgens die sedes moet wandel nie.
HANDELINGE 21:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle het gehoor dat jy al die Jode wat onder die heidene woon, leer om van die wet van Moses af te sien. Jy sou hulle geleer het om nie meer hulle kinders te laat besny nie en om nie die Joodse gebruike te onderhou nie.
HANDELINGE 21:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Oor jou is vertel dat jy al die Jode wat onder die nie-Jode woon, leer om afvallig te wees van Moses deur aan hulle te sê dat hulle nie hulle kinders hoef te besny en nie volgens die gebruike hoef te leef nie.
HANDELINGE 21:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle is van jou meegedeel dat jy al die Jode wat onder die heidene is, leer om Moses te verlaat, deur te sê dat hulle hulle kinders nie moet besny nie en ook nie volgens die gebruike moet wandel nie.
HANDELINGE 21:21 Die Boodskap (DB)
“Paulus, nou het ons ook ’n bietjie slegte nuus. Dit gaan oor jou. Ons moet jou waarsku. Daar word gesê dat jy oral vir die Jode vertel dat hulle nie meer na die wet van Moses hoef te luister nie. Hulle sê dat jy sê Joodse kinders hoef nie meer besny te word nie. Hulle hoef ook nie meer te leef soos ons godsdienstige wet voorskryf nie.