HANDELINGE 21:13
HANDELINGE 21:13 Bybel vir almal (ABA)
Toe sê Paulus: “Wat doen julle nou? Julle huil en julle maak my hartseer! Ek is gereed om te gaan. Die mense kan my vang in Jerusalem, dit maak nie saak nie. Ja, ek is ook gereed om in Jerusalem te sterf vir die Naam van die Here Jesus.”
HANDELINGE 21:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar Paulus het geantwoord: Wat doen julle dat julle ween en my hart week maak? Want ek is bereid nie alleen om gebind te word nie, maar ook om in Jerusalem te sterwe vir die Naam van die Here Jesus.
HANDELINGE 21:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe antwoord Paulus: “Waarom wil julle my hart sag maak met julle trane? Ter wille van die Naam van die Here Jesus is ek bereid om in Jerusalem nie net gevange geneem te word nie, maar selfs ook te sterwe.”
HANDELINGE 21:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarop het Paulus geantwoord: “Wat probeer julle bereik deur te huil en my hart te breek? Ek is bereid om nie net gevange geneem te word nie, maar ook om in Jerusalem te sterf ter wille van die Naam van die Here Jesus. ”
HANDELINGE 21:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe antwoord Paulus: Wat bedoel julle om te ween en my hart te breek? want ek is gereed om nie alleen gebind te word nie, maar ook om in Jerusalem te sterwe ter wille van die Naam van die Here Jesus.