HANDELINGE 20:9
HANDELINGE 20:9 Bybel vir almal (ABA)
Eutiges, 'n jongman, het in die venster gesit en luister. Toe Paulus baie lank aanhou praat, het Eutiges baie vaak geword en hy het aan die slaap geraak. Eutiges het so vas geslaap dat hy uitgeval het by die venster. Hy het van die tweede verdieping tot op die grond geval. Toe die mense hom optel, was hy dood.
HANDELINGE 20:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En 'n sekere jongman met die naam van Eútichus het in die venster gesit en weggesink in 'n diepe slaap; en toe Paulus nog lank gespreek het, is hy oorweldig deur die slaap en het van die derde verdieping afgeval en is dood opgetel.
HANDELINGE 20:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Jongman met die naam Eutigus het op die vensterbank gesit. Hoe langer Paulus gepraat het, hoe vaker het Eutigus geword. Hy het naderhand vas aan die slaap geraak en uit die derde verdieping tot op die grond geval. Toe hulle hom optel, was hy dood.
HANDELINGE 20:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Jong man met die naam Eutigus het in die venster gesit, en terwyl Paulus lank bly praat het, is hy deur 'n diep slaap oorval. Oorweldig deur die slaap, het hy van die derde verdieping na onder geval, waar hy dood opgetel is.
HANDELINGE 20:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En 'n sekere jongman met die naam van Eutigus het in 'n venster gesit, terwyl hy in 'n diepe slaap verval het; en terwyl Paulus lank besig was om te preek, het hy in die slaap weggesak en van die derde hok neergeval en is dood opgeneem.
HANDELINGE 20:9 Die Boodskap (DB)
’n Jongman met die naam Eutigus het op een van die vensterbanke by ’n oop venster gesit. Later het hy vaak geword en aan die slaap geraak. Toe val hy by die venster uit. Toe die mense by hom kom, was hy reeds dood.