HANDELINGE 20:29-31
HANDELINGE 20:29-31 Bybel vir almal (ABA)
Ek weet dat daar vals leermeesters na julle toe sal kom wanneer ek weg is. Hulle sal wees soos wrede wolwe wat 'n trop skape doodmaak. Ja, party van julle sal self begin om verkeerde dinge te sê, en hulle sal probeer om die gelowiges die verkeerde dinge te laat glo wat húlle glo. Daarom moet julle versigtig wees. Julle moet onthou dat ek drie jaar lank baie swaar gekry het en dat ek elke dag en elke nag vir julle almal geleer het om reg te lewe, ek het nooit opgehou om dit te doen nie.
HANDELINGE 20:29-31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan. Daarom moet julle waak en onthou dat ek drie jaar lank nag en dag nie opgehou het om elkeen met trane te vermaan nie.
HANDELINGE 20:29-31 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek weet dat daar ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal indring, en hulle sal die kudde nie ontsien nie. Ja, uit julle eie geledere sal daar mense na vore kom wat met leuens die gelowiges agter hulle aan sal probeer verlei. Wees waaksaam. Onthou dat ek elkeen van julle drie jaar lank onderrig het, aanhoudend, dag en nag, baie keer met trane.
HANDELINGE 20:29-31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek weet dat wrede wolwe ná my vertrek julle geledere sal binnedring en die kudde nie sal spaar nie. Selfs uit julle eie geledere sal daar manne na vore kom wat verdraaide dinge verkondig om die dissipels agter hulle aan weg te lok. Wees daarom waaksaam, en onthou dat ek vir drie jaar lank, dag en nag, nie opgehou het om 'n ieder en 'n elk van julle met trane te waarsku nie .
HANDELINGE 20:29-31 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want ek weet dit, dat na my heengaan wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Ook uit julleself sal manne opstaan wat verkeerde dinge spreek, om dissipels agter hulle aan te trek. Daarom, waak en onthou dat ek in die verloop van drie jaar nie opgehou het om elkeen dag en nag met trane te waarsku nie.
HANDELINGE 20:29-31 Die Boodskap (DB)
“Sodra ek vertrek, sal ’n klomp slegte mense na julle toe kom wat onwaarhede oor Jesus aan julle sal kom vertel. Hulle het net een doel voor oë: om gelowiges deurmekaar te maak met hulle skewe leringe. Hulle is soos wrede wolwe wat daarop uit is om die skape te vang. Loop ook lig vir party gelowiges wat vreemde dinge oor Jesus kwytraak en die kerk probeer verlei om dinge te glo wat ek nie vir julle geleer het nie. “Wees op die uitkyk vir al hierdie onwaarhede. Waarsku die gelowiges daarteen. Onthou: ek het drie jaar lank dag en nag onder julle gewerk en julle baie ernstig gevra om op die regte pad te bly. Daarom mag julle nie toelaat dat die ware evangelie nou deur slegte mense vervals word nie.”
HANDELINGE 20:29-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Self weet ek dat daar ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal indring, en hulle sal die kudde nie spaar nie. Selfs uit julle eie geledere sal daar mense na vore kom wat, deur verdraaide dinge te verkondig, die gelowiges sal probeer verlei om hulle te volg. Daarom: Wakkerloop! Onthou dat ek vir drie jaar lank sonder ophou vir elkeen van julle die regte koers aangedui het, dag en nag, en met trane.