HANDELINGE 20:29 - Compare All Versions
HANDELINGE 20:29 ABA (Bybel vir almal)
Ek weet dat daar vals leermeesters na julle toe sal kom wanneer ek weg is. Hulle sal wees soos wrede wolwe wat 'n trop skape doodmaak.
HANDELINGE 20:29 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie.
HANDELINGE 20:29 AFR83 (Afrikaans 1983)
Ek weet dat daar ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal indring, en hulle sal die kudde nie ontsien nie.
HANDELINGE 20:29 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek weet dat wrede wolwe ná my vertrek julle geledere sal binnedring en die kudde nie sal spaar nie.
HANDELINGE 20:29 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want ek weet dit, dat na my heengaan wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie.
HANDELINGE 20:29 DB (Die Boodskap)
“Sodra ek vertrek, sal ’n klomp slegte mense na julle toe kom wat onwaarhede oor Jesus aan julle sal kom vertel. Hulle het net een doel voor oë: om gelowiges deurmekaar te maak met hulle skewe leringe.
HANDELINGE 20:29 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Self weet ek dat daar ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal indring, en hulle sal die kudde nie spaar nie.