HANDELINGE 20:24
HANDELINGE 20:24 Bybel vir almal (ABA)
Maar ek is nie bekommerd oor my eie lewe nie, ek is niks bekommerd nie. Ek wil net een ding doen, ek wil my werk klaarmaak. Dit is die werk wat die Here Jesus vir my gegee het om te doen. Ja, ek moet vir mense die goeie boodskap bring dat God genadig is.
HANDELINGE 20:24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar ek bekommer my glad nie en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jesus ontvang het, om kragtig te getuig vir die evangelie van die genade van God.
HANDELINGE 20:24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar al is my lewe vir my kosbaar, reken ek dit van geen belang nie as ek maar net my lewenstaak kan voltooi en die dienswerk wat ek van die Here Jesus gekry het, kan klaar maak: dit is om die evangelie van God se genade te verkondig.
HANDELINGE 20:24 Die Boodskap (DB)
My eie veiligheid is in elk geval nie belangrik nie. “Al wat saak maak, is dat ek doen wat die Here vir my sê om te doen. En dit is om die goeie nuus oor God se goedheid bekend te maak.