HANDELINGE 20:22-23
HANDELINGE 20:22-23 Bybel vir almal (ABA)
“Nou gaan ek na Jerusalem, want die Heilige Gees wil hê ek moet daarnatoe gaan, en ek is gehoorsaam aan die Heilige Gees. Ek weet nie wat in Jerusalem met my sal gebeur nie. Maar ek weet die Heilige Gees sê in elke stad vir my dat mense my in die tronk sal gooi en dat hulle my baie swaar sal laat kry.
HANDELINGE 20:22-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En kyk, ek gaan nou gebind deur die Gees na Jerusalem; en watter dinge my daar sal oorkom, weet ek nie, behalwe dat die Heilige Gees in elke stad kragtig getuig en sê dat boeie en verdrukkinge my wag.
HANDELINGE 20:22-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
“En nou gaan ek Jerusalem toe, daartoe gedring deur die Gees. Wat dáár met my sal gebeur, weet ek nie. Ek weet dat die Heilige Gees my in elke stad verseker dat gevangenskap en vervolging op my wag.
HANDELINGE 20:22-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En kyk, nou gaan ek, gebind deur die Gees, na Jerusalem, sonder om te weet wat daar met my gaan gebeur – behalwe dat die Heilige Gees van stad tot stad aan my bevestig het dat gevangenskap en swaarkry op my wag.
HANDELINGE 20:22-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En nou, kyk, ek gaan gebonde in die gees na Jerusalem, sonder om te weet wat my daar sal oorkom. Behalwe dat die Heilige Gees in elke stad getuig en sê dat boeie en beproewinge my verdra.
HANDELINGE 20:22-23 Die Boodskap (DB)
“Nou moet ek egter ’n nuwe koers inslaan. Die Heilige Gees wil hê ek moet Jerusalem toe gaan. Ek weet nie wat alles daar op my wag nie. Al wat ek weet, is dat dit nie maklik gaan wees nie. In elke plek waar ek tot nou toe was, het die Heilige Gees my duidelik laat verstaan dat swaarkry en tronkstraf my voorland is. Tog is ek nie daaroor bekommerd nie.