Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

HANDELINGE 2:8 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

HANDELINGE 2:8 AFR83 (Afrikaans 1983)

Hoe hoor elkeen van ons dan sy eie moedertaal?

HANDELINGE 2:8 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is?

HANDELINGE 2:8 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

en tog hoor ons hulle in ons moedertaal praat!

HANDELINGE 2:8 DB (Die Boodskap)

Hoe kry hulle dit reg om nou in ons eie taal met ons te praat? Hier tussen ons is mense van oral in die wêreld.

HANDELINGE 2:8 ABA (Bybel vir almal)

Elkeen van ons hoor sy eie taal wanneer hulle praat. Hoe gebeur dit?

HANDELINGE 2:8 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hoe hoor elkeen van ons hulle dan praat in die taal waarmee ons grootgeword het?

HANDELINGE 2:8 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En hoe hoor ons elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is?