Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 2:7 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 2:7 AFR83 (Afrikaans 1983)

Verras en verbaas sê hulle toe: “Die mense wat daar praat, is tog almal Galileërs.

HANDELINGE 2:7 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek, dan nie Galiléërs nie?

HANDELINGE 2:7 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Hulle was heeltemal uit die veld geslaan. “Hoe is dit moontlik?” het hulle uitgeroep. “Almal wat hier praat, is Galileërs

HANDELINGE 2:7 DB (Die Boodskap)

Hulle was stomgeslaan toe hulle daar aankom en hoor hoe die gelowiges in verskillende tale praat. “Hoe kan dit wees?” het hulle vir mekaar gevra. “Hierdie mense kom dan daar van Galilea af.

HANDELINGE 2:7 ABA (Bybel vir almal)

Hulle was baie verbaas en hulle het gesê: “Al hierdie mense wat so praat, kom van Galilea.

HANDELINGE 2:7 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Verstom en verbaas het hulle gevra: “Kyk, is almal wat daar praat, dan nie Galileërs nie?

HANDELINGE 2:7 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En hulle was almal verbaas en verwonderd en het vir mekaar gesê: Kyk, is hulle almal wat spreek nie Galileërs nie?