HANDELINGE 2:6 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
HANDELINGE 2:6 AFR83 (Afrikaans 1983)
Toe die mense die geluid hoor, het 'n groot skare saamgedrom. En omdat elkeen gehoor het hoe daar in sy eie taal gepraat word, het hulle nie geweet hoe hulle dit het nie.
HANDELINGE 2:6 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En toe hierdie geluid kom, het die menigte saamgestroom en was in die war, want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal spreek
HANDELINGE 2:6 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Die geluid van die stormwind en die stemme het ’n groot skare daar laat saamkom. Hulle was uit die veld geslaan omdat elkeen die gelowiges in hulle eie taal hoor praat het.
HANDELINGE 2:6 DB (Die Boodskap)
Hulle het ook die geweldige geluid gehoor en dadelik na die gebou toe gehardloop waar die gelowiges bymekaar was.
HANDELINGE 2:6 ABA (Bybel vir almal)
Toe hulle hoor dat hierdie sterk wind kom, het baie van hierdie Jode saamgekom by die huis. Hulle het nie geweet wat gebeur nie, want hulle het gehoor hoe praat die gelowiges in die tale van elkeen van hulle wat uit die ander lande van die wêreld kom.
HANDELINGE 2:6 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe daardie geluid opklink, het die menigte saamgedrom, en was verward, omdat elkeen gehoor het hoe daar in sy eie taal gepraat word.
HANDELINGE 2:6 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe dit in die buiteland geraas het, het die skare bymekaargekom en hulle was beskaamd, omdat elkeen hulle in sy eie taal hoor praat het.