HANDELINGE 2:5
HANDELINGE 2:5 Bybel vir almal (ABA)
Daar was Jode in Jerusalem, hulle het in ander dele van die wêreld grootgeword en het toe in Jerusalem kom woon. Daar was Jode van elke land in die wêreld. Hierdie Jode was lief vir die Here en hulle het Hom gedien soos Hy wil hê.
HANDELINGE 2:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En daar het in Jerusalem Jode gewoon, godsdienstige manne, uit elke nasie wat onder die hemel is.
HANDELINGE 2:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar het godsdienstige Jode uit al die nasies onder die son in Jerusalem gewoon.