HANDELINGE 2:40-41 – Vergelyk alle weergawes
HANDELINGE 2:40-41 AFR83 (Afrikaans 1983)
Met nog baie ander woorde het Petrus getuig en hulle aangespoor: “Laat julle red tussen hierdie ontaarde mense uit.” Dié wat sy woorde aangeneem het, is gedoop, en omtrent drie duisend mense is op daardie dag by die getal van die gelowiges gevoeg.
HANDELINGE 2:40-41 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En met baie ander woorde het hy hulle besweer en vermaan en gesê: Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag. Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop; en daar is op dié dag omtrent drieduisend siele toegebring.
HANDELINGE 2:40-41 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Petrus het nog lank aanhou getuig en ’n ernstige beroep op sy hoorders gedoen: “Laat julle red uit hierdie afgedwaalde geslag!” Dié wat Petrus se boodskap aanvaar het, is gedoop en hulle het lede van die kerk geword. Hulle was so 3 000.
HANDELINGE 2:40-41 DB (Die Boodskap)
Petrus het toe nog ’n hele ruk met die skare gepraat. “Gee pad uit hierdie sondige wêreld uit,” het hy vir hulle gesê. “Dit gaan julle lewe totaal verwoes. Kom na God toe. Laat Hy julle uit die kloue van die sonde verlos. Net Hy kan dit doen.” Na Petrus se woorde het ’n groot aantal mense, omtrent 3 000, tot bekering gekom. Daarna is hulle gedoop.
HANDELINGE 2:40-41 ABA (Bybel vir almal)
Petrus het nog baie ander dinge gesê, hy het die mense gewaarsku en hy het ernstig met hulle gepraat. Hy het gesê: “Julle moet vir God vra om julle te red, julle moenie wees soos die wêreld se mense wat sonde doen nie.” Die mense wat besluit het om te doen wat Petrus sê, is gedoop. En God het nog omtrent 3 000 mense op daardie dag gelowiges laat word.
HANDELINGE 2:40-41 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Met nog baie ander woorde het hy getuig en hulle aangespoor: “Laat julle uit hierdie korrupte geslag red.” Diegene wat sy boodskap aangeneem het, is gedoop, en op daardie dag is ongeveer drieduisend mense toegevoeg.
HANDELINGE 2:40-41 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En met baie ander woorde het hy getuig en vermaan en gesê: Red julle uit hierdie slegte geslag. Toe is die wat sy woord met blydskap aangeneem het, gedoop, en op dieselfde dag is omtrent drieduisend siele by hulle gevoeg.