Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 2:27 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 2:27 AFR83 (Afrikaans 1983)

want U sal my nie aan die doderyk oorlaat nie; U sal nie toelaat dat u troue dienaar vergaan nie.

HANDELINGE 2:27 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Want U sal my siel nie aan die doderyk oorlaat of u Heilige oorgee om verderwing te sien nie.

HANDELINGE 2:27 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Ek weet U sal my gees nie in Hades agterlaat nie of toelaat dat u Heilige in die graf vergaan nie.

HANDELINGE 2:27 DB (Die Boodskap)

Nie eens die dood kan my meer bangmaak nie, want U sal nooit toelaat dat die kloue van die dood my vir altyd vashou nie. U sal nooit u eie kind, u oogappel, daar in die doderyk laat vergaan nie.

HANDELINGE 2:27 ABA (Bybel vir almal)

Want U sal nie vir my na die doderyk laat gaan nie. Ek is aan U gewy, U sal my nie laat sterf nie.

HANDELINGE 2:27 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

want U sal my siel nie aan Hades oorlaat, en u Heilige nie ontbinding laat beleef nie.

HANDELINGE 2:27 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Omdat U my siel nie in die hel sal laat nie, en U Heilige nie sal toelaat om verderwing te sien nie.