Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 2:18 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 2:18 AFR83 (Afrikaans 1983)

Ja, op my dienaars en my dienaresse sal Ek in daardie dae my Gees uitstort, en hulle sal as profete optree.

HANDELINGE 2:18 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in dié dae van my Gees uitstort, en hulle sal profeteer.

HANDELINGE 2:18 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Ja, op die mans en vroue wat in my diens staan, sal Ek in daardie dae my Gees uitstort en hulle sal my woord verkondig.

HANDELINGE 2:18 DB (Die Boodskap)

‘Met julle jongmense sal Ek in visioene praat. En met die ouer mense onder julle sal Ek in drome praat. Op almal wat My dien, mans en vroue, sal Ek aan die einde van die tyd my Gees uitstort.

HANDELINGE 2:18 ABA (Bybel vir almal)

Ja, in die laaste dae sal Ek my Gees gee vir elke man en vrou wat vir My werk, en hulle sal God se boodskap bring.

HANDELINGE 2:18 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Ja, ook oor my slawe en slavinne sal Ek in daardie dae my Gees uitstort, en hulle sal profeteer.

HANDELINGE 2:18 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En op my diensknegte en oor my diensmaagde sal Ek in daardie dae van my Gees uitstort; en hulle sal profeteer