HANDELINGE 19:9 - Compare All Versions

HANDELINGE 19:9 ABA (Bybel vir almal)

Maar party van die Jode het hardkoppig gebly en hulle het ongelowiges gebly. Hulle het aangehou om sleg te praat van “ Die Pad,” hulle het dit gedoen waar al die mense dit kon hoor. Paulus het toe weggegaan van die Jode en hy het die gelowiges weggeneem saam met hom. Hy het toe elke dag met hulle gepraat in die skool van Tirannus.

HANDELINGE 19:9 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Maar toe sommige hulle verhard en ongehoorsaam was en voor die menigte aanhou kwaadspreek van die Weg, het hy van hulle weggegaan en die dissipels afsonderlik geneem en elke dag in die skool van 'n sekere Tiránnus samesprekinge gehou.

HANDELINGE 19:9 AFR83 (Afrikaans 1983)

Maar party was koppig en wou hulle nie laat oortuig nie. Hulle het ook in die openbaar die leer van die Here belaglik probeer maak. Toe het Paulus hulle verlaat en die gelowiges afsonderlik geneem en daagliks in die saal van Tirannus besprekings gehou.

HANDELINGE 19:9 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Maar aangesien sommige van hulle hardkoppig was en nie wou glo nie, en die Weg voor die menigte beswadder het, het hy weggegaan, die dissipels van hulle afgesonder en daagliks in die lesingsaal van Tirannus besprekings gehou.

HANDELINGE 19:9 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maar toe die duikers verhard was en nie geglo het nie, maar so kwaad gepraat het voor die skare, het Hy van hulle gewyk en die dissipels geskei en daagliks in die skool van ene Tirannus gestry.

HANDELINGE 19:9 DB (Die Boodskap)

Paulus het hulle verlaat en ’n skoolgebou by ’n man met die naam Tirannus bekom. Daar het hy elke dag saam met die gelowiges bymekaargekom en vir hulle van Jesus vertel.

HANDELINGE 19:9 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Party was egter koppig en wou hulle nie laat oortuig nie. Hulle het ook voor die gemeente sleg gepraat van “Die Pad”. Toe het Paulus die sinagoge verlaat en hy het die gelowiges saam met hom gevat. Hy het daagliks in die lesingsaal van Tirannus besprekings gehou.