Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

HANDELINGE 19:17 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

HANDELINGE 19:17 AFR83 (Afrikaans 1983)

Al die Jode en Grieke wat in Efese gewoon het, het daarvan te hore gekom. Vrees het hulle almal oorval, en die Naam van die Here Jesus is geprys.

HANDELINGE 19:17 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En dit het bekend geword aan al die Jode en Grieke wat in Éfese woon, en vrees het op hulle almal geval, en die Naam van die Here Jesus is groot gemaak.

HANDELINGE 19:17 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Dié gebeure het bekend geword by al die Jode en Grieke in Efese. ’n Gevoel van diep ontsag het oor hulle almal gekom, en die Naam van die Here Jesus is grootgemaak.

HANDELINGE 19:17 DB (Die Boodskap)

Gou-gou het almal in Efese gehoor wat met die seuns van Skeva gebeur het. Die inwoners het baie bang geword. Almal het met groot eerbied oor die Here Jesus gepraat. Baie nuwe bekeerlinge het in die openbaar vertel hoe hulle vroeër in sonde geleef en hoe Jesus hulle lewens verander het.

HANDELINGE 19:17 ABA (Bybel vir almal)

Al die Jode en die Grieke wat in die stad Efese gewoon het, het gehoor wat gebeur het. Toe het hulle almal bang geword, en hulle het die Naam van die Here Jesus geprys.

HANDELINGE 19:17 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Dit het bekend geword onder al die Joodse en Griekse inwoners van Efese, en vrees het hulle almal oorval, en die Naam van die Here Jesus is verheerlik.

HANDELINGE 19:17 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En dit was bekend aan al die Jode en Grieke wat ook in Éfese gewoon het; en vrees het op almal geval, en die Naam van die Here Jesus is groot geword.