HANDELINGE 19:13 - Compare All Versions
HANDELINGE 19:13 ABA (Bybel vir almal)
Daar was ook Jode wat na verskillende stede gegaan het om bose geeste uit mense te jaag. Wanneer hulle dit probeer doen het, dan het hulle die Here Jesus se Naam gesê. Hulle het gesê: “Julle moet uitgaan uit hierdie persoon, ons sê dit vir julle. Jesus het gesê ons mag dit sê. Dit is dieselfde Jesus oor wie Paulus preek.”
HANDELINGE 19:13 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En sommige van die rondtrekkende Jode, duiwelbesweerders, het dit gewaag om die Naam van die Here Jesus te noem oor die wat bose geeste gehad het, en te sê: Ons besweer julle by die Jesus wat Paulus verkondig!
HANDELINGE 19:13 AFR83 (Afrikaans 1983)
Party Jode wat rondgegaan het om bose geeste te besweer, het dit ook gewaag om die Naam van die Here Jesus daarvoor te gebruik. Hulle het gesê: “Ek besweer julle in die Naam van dié Jesus wat deur Paulus verkondig word.”
HANDELINGE 19:13 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sommige van die rondreisende Joodse geestebesweerders het ook probeer om die Naam van die Here Jesus uit te spreek oor mense met bose geeste deur te sê: “Ek besweer julle by die Jesus wat Paulus verkondig!”
HANDELINGE 19:13 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En sommige van die rondloper Jode, bedrywers, het op hulle geneem om die Naam van die Here Jesus oor die wat bose geeste gehad het, aan te roep en gesê: Ons besweer julle by Jesus wat Paulus verkondig.
HANDELINGE 19:13 DB (Die Boodskap)
In daardie tyd was daar baie Jode wat van plek tot plek rondgetrek en duiwels uit mense gedryf het.
HANDELINGE 19:13 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Party rondreisende Joodse geesuitdrywers het ook probeer om die Naam van die Here Jesus te gebruik vir mense wat bose geeste gehad het. Die formule wat hulle probeer het, was: “Ek dryf julle uit in die Naam van dié Jesus vir wie Paulus verkondig!”