HANDELINGE 19:10
HANDELINGE 19:10 Bybel vir almal (ABA)
Paulus het dit twee jaar lank gedoen. So het al die mense wat in die provinsie Asië woon, al die Jode en die Grieke, die boodskap oor die Here gehoor.
HANDELINGE 19:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En dit het twee jaar lank geduur, sodat al die inwoners van Asië die woord van die Here Jesus gehoor het, Jode sowel as Grieke.
HANDELINGE 19:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit het twee jaar lank so aangehou, sodat al die inwoners van die provinsie Asië, Jode sowel as Grieke, die woord van die Here gehoor het.
HANDELINGE 19:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit het twee jaar lank aangehou, sodat al die inwoners van Asië, Jode en Grieke, die woord van die Here gehoor het.
HANDELINGE 19:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dit het voortgeduur met die verloop van twee jaar; sodat almal wat in Asië gewoon het, die woord van die Here Jesus gehoor het, Jode sowel as Grieke.