HANDELINGE 17:9 - Compare All Versions
HANDELINGE 17:9 ABA (Bybel vir almal)
Ander gelowiges het vir Jason gehelp en hulle het vir hom borg gestaan. Toe die leiers genoeg geld gekry het, het hulle vir Jason en die ander gelowiges vry laat weggaan.
HANDELINGE 17:9 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Maar toe hulle van Jason en die ander genoegsame waarborg ontvang het, het hulle hul losgelaat.
HANDELINGE 17:9 AFR83 (Afrikaans 1983)
maar nadat hulle van Jason en die ander gelowiges die nodige waarborg gekry het, is hulle losgelaat.
HANDELINGE 17:9 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Eers nadat hulle van Jason en die ander borgtog ontvang het, het hulle hulle vrygelaat.
HANDELINGE 17:9 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe hulle sekuriteit van Jason en van die ander geneem het, het hulle hulle laat gaan.
HANDELINGE 17:9 DB (Die Boodskap)
Maar uiteindelik het hulle hulle laat gaan nadat hulle ’n afkoopsom betaal het. Jason moes ook die versekering gee dat daar nie nog moeilikheid sou wees nie.
HANDELINGE 17:9 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Hulle het hulle egter laat gaan nadat hulle van Jason en die ander gelowiges voldoende borg gekry het.