HANDELINGE 17:34
HANDELINGE 17:34 Bybel vir almal (ABA)
Maar party mense het gedink Paulus is reg en hulle het in Christus begin glo. Dionisius, een van die mans in die vergadering van die Areopagus, en 'n vrou, haar naam was Damaris, en nog ander mense het saam met hulle in Christus begin glo.
HANDELINGE 17:34 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar sommige manne het by hom aangesluit en gelowig geword, onder wie ook Dionísius, die Areopagiet, was, en 'n vrou met die naam van Dámaris en ander saam met hulle.