HANDELINGE 17:11
HANDELINGE 17:11 Bybel vir almal (ABA)
Hierdie Jode was anders as die Jode in Tessalonika, hulle wou graag leer en hulle het baie graag geluister na wat Paulus en sy vriende vertel het. Hulle het elke dag die Ou Testament baie goed gelees om te kyk of die dinge waar is wat Paulus en sy vriende vertel het.
HANDELINGE 17:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was.
HANDELINGE 17:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die mense daar was ontvankliker as dié in Tessalonika. Hulle het met groot belangstelling na die woord geluister en elke dag die Skrif ondersoek om te sien of dit is soos Paulus sê.