HANDELINGE 16:7 - Compare All Versions

HANDELINGE 16:7 AFR83 (Afrikaans 1983)

Toe hulle by die grens van Misië kom, het hulle na Bitinië toe probeer gaan, maar die Gees van Jesus het hulle dit nie toegelaat nie.

HANDELINGE 16:7 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En toe hulle by Mísië kom, het hulle probeer om na Bithínië te gaan, maar die Gees het hulle dit nie toegelaat nie.

HANDELINGE 16:7 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Toe hulle naby Misië kom, het hulle Bitinië toe probeer gaan, maar die Gees van Jesus het hulle nie toegelaat nie.

HANDELINGE 16:7 DB (Die Boodskap)

Hulle het toe van roete verander en na Misië toe gegaan. Van daar af wou hulle dan na Bitinië reis. Maar weer ’n keer het Jesus hulle deur sy Gees gekeer om soontoe te gaan.

HANDELINGE 16:7 ABA (Bybel vir almal)

En toe hulle oorkant die provinsie Misië kom, het hulle probeer om na die provinsie Bitinië te gaan, maar die Gees van Jesus het hulle gekeer om dit te doen.

HANDELINGE 16:7 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Toe hulle naby Misië kom, het hulle probeer om na Bitinië te gaan, maar die Gees van Jesus het hulle nie toegelaat nie.

HANDELINGE 16:7 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Nadat hulle in Misië gekom het, het hulle probeer om na Bitinië te gaan, maar die Gees het hulle nie toegelaat nie.