HANDELINGE 16:38
HANDELINGE 16:38 Die Boodskap (DB)
Toe die hooflanddroste hoor wat Paulus gesê het, het hulle hulle yskoud geskrik. Hulle het nie besef dat Paulus en Silas Romeinse burgers was nie.
HANDELINGE 16:38 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die polisie het hierdie boodskap vir die stadsowerhede vertel, en hulle het groot geskrik toe hulle hoor Paulus en Silas is Romeinse burgers.
HANDELINGE 16:38 Bybel vir almal (ABA)
Die polisie het hierdie dinge vir die Romeinse regeerders gaan vertel. Toe hulle hoor dat Paulus en Silas Romeinse burgers is, het hulle bang geword.
HANDELINGE 16:38 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die geregsdienaars het hierdie woorde aan die regters oorgebring, en dié het bang geword toe hulle hoor dat hulle Romeine was.
HANDELINGE 16:38 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die polisie het dit toe vir die stadsbestuur gaan vertel. Dié het groot geskrik toe hulle hoor dit is Romeinse burgers.