HANDELINGE 16:3
HANDELINGE 16:3 Bybel vir almal (ABA)
Paulus wou hê dat Timoteus saam met hom moes gaan. Daarom het Paulus hom geneem en hy het hom besny. Paulus het dit gedoen omdat al die Jode wat in daardie stede was, geweet het dat Timoteus se pa 'n Griek was.
HANDELINGE 16:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Paulus wou hê dat hy saam met hom op reis sou gaan, en hy het hom geneem en besny ter wille van die Jode wat in daardie streke was; want hulle het almal geweet dat sy vader 'n Griek was.
HANDELINGE 16:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Omdat Paulus vir Timoteus met hom wou saamneem, het hy hom besny. Dit het hy gedoen ter wille van die Jode wat in daardie gebied gewoon het, want hulle het almal geweet sy pa is 'n Griek.
HANDELINGE 16:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Paulus wou Timoteus saam op reis neem, en het hom laat besny ter wille van die Jode wat in daardie streke gewoon het, omdat almal geweet het dat sy vader 'n Griek was.
HANDELINGE 16:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hom sou Paulus saam met hom moes uitgaan; en hom geneem en besny ter wille van die Jode wat in daardie omgewing was, want hulle het alles geweet dat sy vader 'n Griek was.
HANDELINGE 16:3 Die Boodskap (DB)
Paulus het toe besluit om Timoteus saam met hom te vat om sendingwerk te gaan doen. Maar hy het Timoteus eers besny om seker te maak dat die Jode hom nie van die staanspoor af sou verwerp nie. Baie van hulle het geweet dat hy ’n Griekse pa het. Daarom sou hulle hom nooit toelaat om met hulle in hulle sinagoges oor Jesus te praat as hy nie besny was nie.