HANDELINGE 16:16
HANDELINGE 16:16 Bybel vir almal (ABA)
Ons was eendag besig om na die plek te gaan waar die Jode gewoonlik gaan bid het. 'n Slavin het na ons toe gekom. Sy het 'n bose gees in haar gehad. Sy het altyd gesê wat in die toekoms sal gebeur, en so het sy baie geld gekry vir haar eienaars.
HANDELINGE 16:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En terwyl ons op pad was na die bidplek, kom 'n slavin met 'n waarsêende gees ons teë, wat vir haar eienaars deur waarsêery groot wins ingebring het.
HANDELINGE 16:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Terwyl ons eendag na die bidplek toe op pad was, het ons 'n slavin teëgekom in wie daar 'n waarsêersgees was. Deur waarsêery het sy vir haar eienaars baie geld verdien.
HANDELINGE 16:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Terwyl ons 'n keer op pad was na die bidplek, het 'n slavin met 'n gees van waarsêery wat met haar voorspellings baie wins vir haar eienaars ingebring het, ons tegemoet gekom.
HANDELINGE 16:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dit het gebeur, terwyl ons gaan bid, het 'n sekere meisie, besete van 'n gees van waarsêery, ons tegemoet gekom, wat haar meesters baie gewin het deur waarsêery