Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 13:6 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 13:6 AFR83 (Afrikaans 1983)

Daarna het hulle die hele eiland deurgegaan tot by Pafos, waar hulle 'n Joodse towenaar met die naam Barjesus teëgekom het, wat voorgegee het dat hy 'n profeet is.

HANDELINGE 13:6 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En hulle het die eiland deurgegaan tot by Pafos en 'n towenaar gevind, 'n valse profeet, 'n Jood met die naam van Bar-Jesus.

HANDELINGE 13:6 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Daarna het hulle die hele eiland deurgegaan tot by Pafos, waar hulle ’n Joodse towenaar teëgekom het, ’n vals profeet met die naam Barjesus.

HANDELINGE 13:6 DB (Die Boodskap)

Met hulle aankoms by Pafos het hulle ’n Joodse towenaar raakgeloop. Sy naam was Barjesus. Hy het gemaak of hy ’n boodskapper van God was. Die goewerneur, Sergius Paulus, ’n baie intelligente man, het die wêreld van hom gedink.

HANDELINGE 13:6 ABA (Bybel vir almal)

Hulle het deur die hele eiland gegaan tot by die stad Pafos. Daar het hulle 'n man ontmoet, sy naam was Barjesus. Hy was 'n Joodse towenaar en 'n vals profeet.

HANDELINGE 13:6 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hulle het deur die hele eiland gereis tot in Pafos, waar hulle 'n sekere Joodse towenaar aangetref het, 'n vals profeet met die naam Barjesus.

HANDELINGE 13:6 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En toe hulle deur die eiland gegaan het tot by Pafos, het hulle 'n sekere towenaar, 'n valse profeet, 'n Jood gevind met die naam van Barjesus.