Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 13:44 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 13:44 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die volgende sabbatdag het byna die hele stad bymekaargekom om die woord van die Here te hoor.

HANDELINGE 13:44 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En op die volgende sabbat het byna die hele stad saamgekom om die woord van God te hoor.

HANDELINGE 13:44 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die volgende Sabbatdag het byna die hele stad bymekaargekom om hulle die woord van die Here te hoor preek.

HANDELINGE 13:44 DB (Die Boodskap)

Op die volgende sabbat het omtrent die hele stad se inwoners by die sinagoge opgedaag om na die Here se woord te kom luister.

HANDELINGE 13:44 ABA (Bybel vir almal)

Die volgende Sabbatdag het amper al die mense in die stad saamgekom om te luister na die boodskap van die Here.

HANDELINGE 13:44 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die volgende Sabbat het byna die hele stad byeengekom om die woord van die Here te hoor.

HANDELINGE 13:44 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En die volgende sabbatdag het byna die hele stad bymekaargekom om die woord van God te hoor.