Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 13:41 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 13:41 AFR83 (Afrikaans 1983)

“Kyk, julle verag God! Julle sal verstom staan en te gronde gaan, want in julle tyd doen Ek iets wat julle beslis nie sal glo as iemand dit vir julle vertel nie! ”

HANDELINGE 13:41 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Kyk dan, julle veragters, en wees verwonderd en verdwyn! Want Ek gaan iets in julle dae doen, iets wat julle sekerlik nie sal glo as iemand julle dit vertel nie.

HANDELINGE 13:41 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

‘Sien dit tog raak, julle veragters! Staan verstom en gaan te gronde! Want in julle tyd doen Ek iets, iets wat julle beslis nie sal glo nie, selfs nie as iemand dit vir julle vertel nie.’”

HANDELINGE 13:41 DB (Die Boodskap)

‘Oppas, julle spul spotters. Julle gaan verbaas staan oor wat Ek onder julle gaan doen. Dit gaan so indrukwekkend wees dat julle dit nie sou glo as iemand anders julle daarvan vertel het nie. Maar dan sal dit te laat wees, want Ek gaan julle vernietig.’”

HANDELINGE 13:41 ABA (Bybel vir almal)

“ Julle wat dink dat die Here nie belangrik is nie, julle moet kyk na wat sal gebeur, julle moet verbaas wees en verdwyn want Ék sal nou iets doen, iets wat julle nie sal glo wanneer iemand dit vir julle vertel nie.”

HANDELINGE 13:41 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

“ ‘Kyk, julle spotters, staan verstom en gaan ten gronde! Want in julle tyd doen Ek iets, 'n daad wat julle beslis nie sal glo as iemand dit vir julle vertel nie.’ ”

HANDELINGE 13:41 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Kyk, julle veragters, en verwonder julle en vergaan, want Ek doen 'n werk in julle dae, 'n werk wat julle nooit sal glo nie, al sou iemand dit aan julle verkondig.