Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 13:4 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 13:4 AFR83 (Afrikaans 1983)

So is Barnabas en Saulus deur die Heilige Gees uitgestuur. Hulle het na Seleukië toe gegaan en daarvandaan na Siprus toe oorgevaar

HANDELINGE 13:4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

So het hulle dan, deur die Heilige Gees uitgestuur, afgegaan na Seleúcië en daarvandaan weggevaar na Ciprus.

HANDELINGE 13:4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Deur die Heilige Gees uitgestuur, het Barnabas en Saulus na Seleukië toe afgegaan en daarvandaan na die eiland Siprus toe oorgevaar.

HANDELINGE 13:4 DB (Die Boodskap)

Die Heilige Gees het Saulus en Barnabas Seleukië toe gestuur. Daarvandaan het hulle per skip na die eiland Siprus gevaar. Johannes Markus het ook saam met hulle gegaan.

HANDELINGE 13:4 ABA (Bybel vir almal)

Toe die Heilige Gees vir Barnabas en Saulus gestuur het om te gaan preek, het hulle na die hawestad Seleukië gegaan en van daar het hulle met 'n skip na die eiland Siprus geseil.

HANDELINGE 13:4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

So is Barnabas en Saulus deur die Heilige Gees gestuur, en hulle het afgereis na Seleukië en daarvandaan weggevaar na Ciprus.

HANDELINGE 13:4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Hulle het toe, uitgestuur deur die Heilige Gees, na Seleucia vertrek; en daarvandaan het hulle na Ciprus gevaar.