HANDELINGE 13:38 – Vergelyk alle weergawes
HANDELINGE 13:38-39 AFR83 (Afrikaans 1983)
“Daarom, broers, moet julle goed weet dat wat aan julle verkondig word, die vergewing van sondes deur Hóm is, en dat elkeen wat glo, deur Hom vrygespreek word van alle sondes. Die wet van Moses kon julle nie vryspreek nie.
HANDELINGE 13:38 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word
HANDELINGE 13:38 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Daarom, geagte volksgenote, moet julle goed weet wat nou aan julle verkondig word: vergewing van sondes deur Jesus! Julle kon nie deur die wet van Moses God se vryspraak verkry nie
HANDELINGE 13:38 DB (Die Boodskap)
“Vriende, julle moet mooi luister na wat ek vandag vir julle sê: julle moet begryp dat Jesus al julle sondes kan vergewe. Dit is die boodskap wat ek vandag aan julle bring.
HANDELINGE 13:38 ABA (Bybel vir almal)
Vriende, Jesus het dit alles gedoen, en daarom moet julle weet dat ons vir julle kan preek dat God sondes vergewe. Die Wette van Moses kon julle nie vryspreek nie, maar God vergewe ook al hierdie sondes.
HANDELINGE 13:38-39 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Julle moet dus weet, broers, dat dit deur hierdie Man is dat die vergewing van sondes aan julle verkondig word, en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die •Wet van Moses nie geregverdig kon word nie.
HANDELINGE 13:38 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Laat dit dan aan julle bekend wees, manne en broeders, dat deur hierdie man die vergewing van sondes aan julle verkondig word.