Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 13:28 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 13:28 AFR83 (Afrikaans 1983)

En alhoewel hulle geen grond vir die doodstraf kon kry nie, het hulle tog vir Pilatus gevra om Jesus om die lewe te bring.

HANDELINGE 13:28 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En al het hulle niks gevind wat die dood verdien nie, tog het hulle van Pilatus gevra dat Hy omgebring moes word.

HANDELINGE 13:28 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Hulle kon geen grond vir die doodvonnis kry nie, maar nogtans het hulle Pilatus gevra om Hom te laat doodmaak.

HANDELINGE 13:28 DB (Die Boodskap)

Hulle het by die Romeinse goewerneur, Pilatus, gaan soebat dat hy Hom moes teregstel.

HANDELINGE 13:28 ABA (Bybel vir almal)

Hierdie mense van Jerusalem en hulle leiers wou vir Jesus laat doodmaak, maar hulle kon nie sê hoekom hulle dit wou doen nie. Hulle het toe vir Pilatus gevra om te sê dat die soldate vir Jesus moet doodmaak.

HANDELINGE 13:28 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Alhoewel hulle geen grond vir die doodstraf kon vind nie, het hulle tog by •Pilatus daarop aangedring dat Hy tereggestel word.

HANDELINGE 13:28 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En al het hulle geen doodsoorsaak by Hom gevind nie, het hulle tog vir Pilatus gevra dat Hy gedood moes word.