Slaan direk na inhoud oor

HANDELINGE 13:19 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 13:19 AFR83 (Afrikaans 1983)

Daarna het Hy sewe nasies in die land Kanaän uitgewis en hulle land aan die Israeliete gegee.

HANDELINGE 13:19 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En sewe nasies het Hy in die land Kanaän uitgeroei en hulle land deur die lot aan hulle uitgedeel.

HANDELINGE 13:19 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Daarna het Hy sewe nasies in Kanaän uitgewis en hulle land as erfporsie aan die Israeliete gegee.

HANDELINGE 13:19 DB (Die Boodskap)

Daarna het Hy sewe volke in Kanaän vernietig en hulle grond aan ons voorouers gegee.

HANDELINGE 13:19 ABA (Bybel vir almal)

Toe het God sewe volke in die land Kanaän verwoes en Hy het die land vir die Israeliete gegee om hulle land te wees

HANDELINGE 13:19 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

In die land Kanaän het Hy sewe nasies uitgedelg en hulle land as erfdeel aan ons voorouers gegee.

HANDELINGE 13:19 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En nadat hy sewe nasies in die land Kanaän vernietig het, het hy hulle land deur die lot aan hulle verdeel.