HANDELINGE 11:23 – Vergelyk alle weergawes
HANDELINGE 11:23 AFR83 (Afrikaans 1983)
Toe hy daar kom, was hy bly om te sien hoe God in sy genade onder hulle gewerk het, en hy het hulle almal aangespoor om met hart en siel aan die Here getrou te bly.
HANDELINGE 11:23 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Toe hy daar kom en die genade van God sien, was hy bly en het almal vermaan om met hartlike voorneme aan die Here getrou te bly
HANDELINGE 11:23 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Toe hy daar kom en sien hoe God in sy genade onder hulle gewerk het, was hy bly. Hy het hulle almal aangespoor om lojaal aan die Here te bly.
HANDELINGE 11:23 DB (Die Boodskap)
Hy was aangenaam verras toe hy daar aankom en sien wat God besig was om in hulle lewe te doen. Barnabas het hulle opgewonde aangespoor om die Here met alles in hulle te dien en aan Hom getrou te bly.
HANDELINGE 11:23 ABA (Bybel vir almal)
Toe Barnabas daar kom en hy sien hoe goed God vir hulle was, was hy bly en het hy aangehou om hulle almal te bemoedig om aan te hou om die Here Jesus te dien, soos hulle besluit het om te doen.
HANDELINGE 11:23 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe hy daar aankom en die genade van God sien, was hy bly en het almal aangemoedig om met vaste voorneme van hart aan die Here getrou te bly.
HANDELINGE 11:23 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe hy gekom het en die genade van God gesien het, was hy bly en het hulle almal vermaan dat hulle met 'n voorneme van hart die Here sou aanhang.