Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 11:22 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 11:22 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die berig hieroor het die gemeente in Jerusalem bereik, en hulle het vir Barnabas na Antiogië toe gestuur.

HANDELINGE 11:22 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En die berig hiervan het die gemeente wat in Jerusalem was, ter ore gekom en hulle het Bárnabas afgestuur om die land deur te gaan tot by Antiochíë.

HANDELINGE 11:22 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Toe die gemeente in Jerusalem hoor wat gebeur het, het hulle Barnabas Antiogië toe gestuur.

HANDELINGE 11:22 DB (Die Boodskap)

Toe hierdie nuus die Jerusalemgemeente bereik, het hulle vir Barnabas na Antiogië toe gestuur om te kyk of die nuwe gelowiges darem doen wat God vra.

HANDELINGE 11:22 ABA (Bybel vir almal)

Die gemeente in Jerusalem het gehoor wat daar in Antiogië gebeur het, en hulle het vir Barnabas gestuur om na Antiogië te gaan.

HANDELINGE 11:22 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die berig oor hulle het die •gemeente in Jerusalem ter ore gekom, en hulle het Barnabas gestuur om na Antiogië te gaan.

HANDELINGE 11:22 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Toe het die tyding van hierdie dinge tot die ore gekom van die gemeente wat in Jerusalem was, en hulle het Bárnabas uitgestuur om tot by Antiogië te gaan.