Slaan direk na inhoud oor

HANDELINGE 11:2 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 11:2 AFR83 (Afrikaans 1983)

Toe Petrus dan in Jerusalem kom, het die Joodse gelowiges hom verwyt

HANDELINGE 11:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En toe Petrus opgaan na Jerusalem, het die wat uit die besnydenis was, met hom getwis

HANDELINGE 11:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Toe Petrus in Jerusalem aankom, het die Joodse gelowiges hom gekritiseer

HANDELINGE 11:2 DB (Die Boodskap)

Toe Petrus kort daarna weer in Jerusalem aankom, het sekere gemeentelede wat nog die besnydenis en ander Joodse gebruike streng onderhou het, hom voor stok gekry.

HANDELINGE 11:2 ABA (Bybel vir almal)

En toe Petrus in Jerusalem gekom het, het party Joodse Christene met Petrus begin stry

HANDELINGE 11:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Toe •Petrus na Jerusalem opgegaan het, het diegene wat besny is, met hom geargumenteer

HANDELINGE 11:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En toe Petrus na Jerusalem opgekom het, het die wat uit die besnydenis was, met hom getwis