HANDELINGE 10:45-46
HANDELINGE 10:45-46 Bybel vir almal (ABA)
Die Joodse gelowiges wat saam met Petrus gekom het, het gehoor dat die mense in tale praat en hulle het gehoor dat die mense God prys. Die Joodse gelowiges was toe baie verbaas omdat God die Heilige Gees ook in heidene laat kom het. Petrus sê toe
HANDELINGE 10:45-46 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is. Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en God groot maak. Toe het Petrus begin spreek
HANDELINGE 10:45-46 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe die Joodse gelowiges wat saam met Petrus gekom het, hoor hoe die mense ongewone tale of klanke gebruik en God prys, was hulle baie verbaas dat die Heilige Gees as gawe uitgestort is ook op mense wat nie Jode is nie. En Petrus sê
HANDELINGE 10:45-46 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met •Petrus gekom het, was uiters verbaas dat die gawe van die Heilige Gees selfs op die heidene uitgestort is. Hulle het immers gehoor hoe hulle in tale spreek en God loof. Toe sê Petrus
HANDELINGE 10:45-46 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die gelowiges uit die besnydenis was verbaas, almal wat saam met Petrus gekom het, omdat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is. Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en God groot maak. Toe antwoord Petrus
HANDELINGE 10:45-46 Die Boodskap (DB)
Die Joodse gelowiges wat saam met hom na Sesarea gekom het, was baie verbaas daaroor. Hulle kon nie glo dat God sy Heilige Gees oor mense uit ander volke laat kom nie. Tog het hulle dit nou met hulle eie oë gesien, en ook gehoor! Want hierdie mense het dadelik in ongewone tale begin praat en God se Naam grootgemaak.
HANDELINGE 10:45-46 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die Joodse gelowiges wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die Heilige Gees ook op nie-Jode as geskenk uitgestort is. Hulle het geen twyfel daaroor gehad nie, want hulle het hulle ongewone tale hoor praat, en hoe hulle God se grootheid besing. Petrus het toe gesê