HANDELINGE 10:42
HANDELINGE 10:42 Bybel vir almal (ABA)
God het ook gesê dat ons vir die volk moet vertel en moet getuig dat God vir Jesus gekies en aangestel het om die Regter te wees. Die Regter moet oordeel oor die mense wat lewe en oor die mense wat klaar gesterf het.
HANDELINGE 10:42 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy het ons bevel gegee om aan die volk te verkondig en met krag te betuig dat dit Hy is wat deur God bestem is as Regter van lewende en dode.
HANDELINGE 10:42 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het ons opdrag gegee om aan die volk te verkondig en te bevestig dat dit Hy is wat deur God aangestel is as Regter oor lewendes en dooies.
HANDELINGE 10:42 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En Hy het ons beveel om aan die volk te verkondig en kragtig te getuig dat dit Hy is wat deur God aangewys is as Regter oor die lewendes en die dooies.
HANDELINGE 10:42 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het ons beveel om vir die volk te preek en te getuig dat dit Hy is wat deur God aangestel is om die Regter van lewende en dode te wees.