HANDELINGE 10:33
HANDELINGE 10:33 Bybel vir almal (ABA)
Daarom het ek dadelik mense na jou toe gestuur, en jy was baie vriendelik om hiernatoe te kom. Ons almal is nou hier bymekaar waar God ons kan sien. Ons is hier om te luister na alles wat die Here vir jou gesê het om vir ons te sê.”
HANDELINGE 10:33 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek het toe op die daad na u gestuur, en u het goed gedoen om te kom. Ons is dan nou almal voor die aangesig van God aanwesig om alles te hoor wat deur God aan u opgedra is.
HANDELINGE 10:33 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het dadelik mense na u toe gestuur, en u was so goed om te kom. Ons is nou almal hier in die teenwoordigheid van God om te hoor wat die Here alles aan u opgedra het.”
HANDELINGE 10:33 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek het toe onmiddellik mense na u gestuur, en dit is goed dat u gekom het. Hier is ons nou almal in die teenwoordigheid van God aanwesig om alles te hoor wat deur die Here aan u opgedra is.”
HANDELINGE 10:33 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom het ek dadelik na jou gestuur; en jy het goed gedoen dat jy gekom het. Nou is ons dan almal hier voor God teenwoordig, om te hoor alles wat God jou beveel het.