HANDELINGE 10:32
HANDELINGE 10:32 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Stuur mense Joppe toe en laat vir Simon met die noemnaam Petrus daar haal. Hy is ’n gas in die huis van Simon, ’n leerlooier wat naby die see woon.’
HANDELINGE 10:32 Bybel vir almal (ABA)
Jy moet nou mense na die stad Joppe stuur om vir Simon te gaan haal. Die mense noem vir Simon ook Petrus. Hierdie Simon Petrus woon daar by 'n ander Simon, 'n leerlooier, sy huis is by die see.’
HANDELINGE 10:32 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Stuur dan na Joppe en laat Simon haal wat ook Petrus genoem word. Hy vertoef in die huis van Simon, 'n leerlooier, by die see; as hy kom, sal hy met jou spreek.