HANDELINGE 10:2
HANDELINGE 10:2 Bybel vir almal (ABA)
Hy en almal in sy huis het God gedien en gerespekteer. Hy het baie goeie dinge gedoen om die arm mense in die Joodse volk te help, en hy het elke dag tot God gebid.
HANDELINGE 10:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy met sy hele huis was vroom en godvresend en het baie aalmoese aan die volk gegee en was altyddeur in die gebed tot God.
HANDELINGE 10:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy was godsdienstig en godvresend, hy en sy hele huisgesin. Hy het baie gedoen om die armes onder die Joodse volk te help en het gereeld tot God gebid.
HANDELINGE 10:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy, en ook sy hele huis, was godsdienstig en godvresend, het baie liefdadigheid aan die volk bewys en gereeld tot God gebid.
HANDELINGE 10:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
'n Vroom man en een wat God vrees met sy hele huis, wat baie aalmoese aan die volk gegee het en altyd tot God gebid het.