HANDELINGE 1:1 - Compare All Versions

HANDELINGE 1:1 ABA (Bybel vir almal)

Teofilus, ek het in my eerste boek geskryf oor alles wat Jesus gedoen het en wat Hy vir mense geleer het toe Hy op aarde was

HANDELINGE 1:1 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

DIE eerste verhaal, Theófilus, het ek opgestel oor alles wat Jesus begin doen en leer het

HANDELINGE 1:1 AFR83 (Afrikaans 1983)

My eerste boek, Teofilus, het ek geskrywe oor alles wat Jesus gedoen en geleer het, van die begin af

HANDELINGE 1:1 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die eerste berig, Teofilus, het ek geskryf oor alles wat Jesus begin doen en waaroor Hy onderrig gegee het

HANDELINGE 1:1 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Die vorige verhandeling het ek gemaak, o Teofilus, van alles wat Jesus begin doen en leer het

HANDELINGE 1:1 DB (Die Boodskap)

Teofilus, in my eerste boek het ek jou vertel van alles wat Jesus gedoen het tot op die dag dat Hy van sy apostels afskeid geneem en na sy hemelse woning teruggegaan het. Dit was kort nadat Hy sy laaste opdragte aan hulle gegee het.

HANDELINGE 1:1 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Beste Teofilus In my eerste boek het ek jou vertel van alles wat Jesus begin doen en leer het