2 TIMOTEUS 1:3
2 TIMOTEUS 1:3 Bybel vir almal (ABA)
Ek dien God soos my voorouers Hom ook gedien het. Ek weet wat is reg en wat is verkeerd, ek het niks gedoen wat verkeerd is nie. Ek bid gedurig tot God, elke dag en nag, en wanneer ek dit doen, dan dink ek aan jou en dan sê ek vir God dankie vir jou.
2 TIMOTEUS 1:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EK dank God, wat ek van my voorouers af in 'n rein gewete dien, wanneer ek onophoudelik nag en dag aan jou in my gebede dink
2 TIMOTEUS 1:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek dank God, wat ek net soos my voorouers met 'n skoon gewete dien, wanneer ek onophoudelik dag en nag in my gebede aan jou dink.
2 TIMOTEUS 1:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek is dankbaar teenoor God, wat ek, soos my voorouers, met 'n skoon gewete dien, wanneer ek onophoudelik, bedags en snags, in my gebede aan jou dink.
2 TIMOTEUS 1:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek dank God wat ek van my voorvaders met rein gewete dien, dat ek sonder ophou aan U dink in my gebede dag en nag