2 SAMUEL 7:27
2 SAMUEL 7:27 Bybel vir almal (ABA)
Want U, Here wat oor alles regeer, God van Israel, dit is U wat dit vir u dienaar gesê het. U het gesê U sal vir my 'n koningshuis bou. Dit is hoekom u dienaar hierdie gebed tot U kon bid.
2 SAMUEL 7:27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want U, HERE van die leërskare, God van Israel, het die oor van u kneg geopen en gesê: Ek sal vir jou 'n huis bou; daarom het u kneg vrymoedigheid gevind om hierdie gebed tot U te bid.
2 SAMUEL 7:27 Afrikaans 1983 (AFR83)
Here, Almagtige, God van Israel, U het nadruklik vir u dienaar gesê: ‘Ek sal vir jou 'n koningshuis vestig,’ en daarom het u dienaar die vrymoedigheid gehad om hierdie gebed tot U te rig.
2 SAMUEL 7:27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
want U, HERE, Heerser oor alle magte, God van Israel, het aan u dienskneg dit geopenbaar, en gesê, ‘'n Huis sal Ek vir jou bou.’ Daarom het u dienskneg die moed om hierdie gebed tot U te bid.
2 SAMUEL 7:27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want U, HERE van die leërskare, God van Israel, het dit aan u kneg geopenbaar deur te sê: Ek sal vir jou 'n huis bou; daarom het u dienaar in sy hart gevind om hierdie gebed tot U te bid.