2 SAMUEL 5:9
2 SAMUEL 5:9 Bybel vir almal (ABA)
Dawid het gaan woon in die stad wat sterk mure het en hy het dit die Dawidstad genoem. Hy self het geboue gebou, van die terrasse tot teen sy paleis.
2 SAMUEL 5:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Dawid het in die bergvesting gaan woon en dit die stad van Dawid genoem; en Dawid het rondom, van Millo af na die binnekant, gebou.
2 SAMUEL 5:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dawid het in die vesting gaan woon en dit Dawidstad genoem. Sy bouwerke het gestrek van die terras af in die rigting van die paleis.
2 SAMUEL 5:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dawid het in die vesting gaan woon en dit die Stad van Dawid genoem. Dawid het rondom bouwerke opgerig, van die terrasse af na binne.
2 SAMUEL 5:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dawid het toe in die fort gaan woon en dit die stad van Dawid genoem. En Dawid het rondom gebou van Millo af en binnetoe.