2 SAMUEL 5:8
2 SAMUEL 5:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Dawid het daardie dag gesê: Elkeen wat 'n Jebusiet verslaan, laat hom in die waterkanaal neerwerp die lammes sowel as die blindes, van wie Dawid se siel 'n afkeer het! Daarom sê hulle: 'n Blinde en 'n lamme mag nie in die huis kom nie.
2 SAMUEL 5:8 Bybel vir almal (ABA)
Dawid het daardie dag gesê: “As iemand die Jebusiete wil oorwin, dan sal hy deur die watertonnel moet gaan om by hulle te kom, by die mense wat nie kan sien of kan loop nie. Ek haat hierdie mense.” Dit is hoekom hulle sê mense wat nie kan sien of kan loop nie, mag nie in die tempel kom nie.
2 SAMUEL 5:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Op daardie dag het Dawid gesê: “Elkeen wat 'n Jebusiet wil verslaan, moet eers die watertonnel, en die blindes en kreupeles in die hande kry.” Dawid het hulle blywend gehaat. Dit is waarom gesê word 'n blinde of 'n kreupele mag nie in die tempel inkom nie.
2 SAMUEL 5:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dawid het daardie dag gesê: “Elkeen wat die Jebusiete wil verslaan, moet deur die watertonnel kruip om die kreupeles en blindes by te kom, hulle wat veragtelik is vir Dawid.” Daarom word daar gesê: “'n Blinde en 'n kreupele mag nie die huis binnekom nie.”
2 SAMUEL 5:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Dawid het daardie dag gesê: Elkeen wat op die roeiput klim en die Jebusiete en die kreupeles en die blindes verslaan wat deur Dawid se siel gehaat word, hy moet owerste en owerste wees. Daarom het hulle gesê: Die blindes en kreupeles sal nie in die huis ingaan nie.
2 SAMUEL 5:8 Die Boodskap (DB)
Dawid het daardie dag nog gesê: “Iemand wat die Jebusiete wil wen, moet hulle deur die watertonnel bykom.” Dawid het die woorde oor “dié wat kruppel en blind is” verpes. Dis waarom die mense later ’n spreekwoord daarvan gemaak het wat sê: “Iemand of iets wat blind of kruppel is, moet uit die tempel uitbly.”
2 SAMUEL 5:8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daardie dag het Dawid gesê: “Elkeen wat ’n Jebusiet wil verslaan, moet die watertonnel gebruik om daardie sogenaamde lammes en blindes te bereik, want ek, Dawid, het ’n afsku aan hulle.” Dit is die oorsprong van die spreekwoord: “Die lammes en die blindes mag nie in die tempel ingaan nie.”