2 SAMUEL 4:4
2 SAMUEL 4:4 Bybel vir almal (ABA)
Saul se seun Jonatan het 'n seun gehad. Die seun se bene was verlam. Hy was vyf jaar oud toe hulle gehoor het wat met Saul en Jonatan gebeur het naby Jisreël. Die vrou wat die seun opgepas het, het hom geneem en gevlug, maar sy was so haastig om te vlug dat sy hom laat val het, en hy het verlam geword. Die seun se naam was Mefiboset.
2 SAMUEL 4:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Jónatan, die seun van Saul, het 'n seun gehad, lam aan altwee voete. Hy was vyf jaar oud toe die tyding aangaande Saul en Jónatan uit Jísreël gekom het, en sy oppasser het hom opgetel en gevlug; maar terwyl sy in haar haastigheid vlug, het hy geval en lam geword; en sy naam was Mefibóset.
2 SAMUEL 4:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Saul se seun Jonatan het 'n seun gehad met gebreklike voete. Hy was vyf jaar oud toe die tyding oor Saul en Jonatan uit Jisreël gekom het, en die vrou wat hom versorg het, het hom opgetel en gevlug, maar in haar haas het hy geval en so kreupel geword. Sy naam was Mefiboset.
2 SAMUEL 4:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Saul se seun Jonatan het 'n seun gehad met misvormde voete. Hy was vyf jaar oud toe die tyding oor Saul en Jonatan hulle uit Jisreël bereik het. Sy oppasser het hom opgetel en gevlug, maar in haar haas om weg te kom, het die seuntjie geval en kreupel geword. Sy naam was Mefiboset.
2 SAMUEL 4:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Jónatan, die seun van Saul, het 'n seun gehad wat kreupel was van sy voete. Hy was vyf jaar oud toe die tyding van Saul en Jónatan uit Jísreël gekom het, en sy verpleegster het hom opgeneem en gevlug; en terwyl sy haastig gevlug het, het hy geval en kreupel geword. En sy naam was Mefiboset.
2 SAMUEL 4:4 Die Boodskap (DB)
Behalwe Is-Boset was daar nog een man van Saul se familie oor. Sy naam was Mefiboset. Dit was Jonatan se seun. Sy bene was verlam. Toe die boodskap uit Jisreël kom dat Saul en Jonatan dood is, was hy maar vyf jaar oud. Die kinderoppasser het hom gegryp om weg te hardloop, maar sy was só haastig om weg te kom dat sy die kind laat val het. Van toe af is hy verlam.
2 SAMUEL 4:4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Saul se seun Jonatan het ’n seun gehad met die naam Mefiboset wat van kindsbeen af kreupel was. Hy was vyf jaar oud toe Saul en Jonatan tydens die geveg by Jisreël gesneuwel het. Toe die nuus van die geveg die hoofstad bereik, het sy oppasser hom gegryp en gevlug. Maar terwyl sy hardloop, het sy gestruikel en die kind laat val sodat hy kreupel geword het.